Koshuise
HTS Drostdy kan tot 500 leerders in vier koshuise huisves. Die vier koshuise se fokus is die skep van ‘n ordelike, huislike omgewing waarbinne leerders tuis voel en geleentheid gebied word om nie net akademies nie, maar ook ten volle op geestelike en sosiale vlak te ontwikkel.
Leerders kan naweke huis toe gaan indien hulle nie sportbedrywighede het nie. Daar is twee uitnaweke per kwartaal waartydens almal huis toe gaan.