Oudskoliere & Ondersteuners
Die Donkie Republiek is ‘n inisiatief wat die oudskoliere en ander Drostdy-ondersteuners saamsnoer. Besoek gerus tydens tuiswedstryde die pragtige klubhuis en kom geniet ‘n plankie steak of pizza terwyl jy goeie rugby kyk. Die missie van die Donkie Republiek is om die skool sover as moontlik te ondersteun. Raak ook deel van die gemeenskap deur ons sosiale media by die skakels hieronder te volg. Hou veral dop vir ons volgende #sosialevrydag!
Vir navrae rakende reünies, kontak Monique Mangiagalli by oldboys@donkierepubliek.co.za.