BYD en Top 10
Die Brilliant Young Donkeys beter bekend as die BYD’s is HTS Drostdy se Akademiese Eerstespan. Alle leerders vanaf graad 8 tot 12 kan deelvorm van die span. Elke kwartaal kyk ons na hulle gemiddeld oor al hul vakke, sou dit 80% wees en meer, kwalifiseer hulle om deel te wees van die BYD-span. Natuurlik die eerste tien posisies is ons Top 10 van elke graad. Ons gee graag erkenning aan sulke leerders kwartaalliks, waar hulle ‘n balkie dra om uit te staan en ook so trots te wees op hul prestasie. As skool is ons ongelooflik trots op ons akademie en wil ook elke BYD-leerder beloon vir hul harde werk. Daarom neem ons elke BYD leerder uit in die eerste kwartaal vir ontbyt. Dit wissel van gassprekers tot ‘n bus-uitstappie na ‘n pragtige bestemming. Na ‘n groter eksamen, die Junie Eksamen neem ons die Top 10 van elke graad in die derde kwartaal op ‘n bederf uitstappie, van Zipline tot Kaapse Rooibus en vele meer. Al hierdie geleenthede is gratis vir ons leerders, want by HTS Drostdy is dit vir ons belangrik om harde werk te beloon.