Virtuele Toere

Beleef HTS Drostdy in 3D!

Hoe werk die virtuele toer?

Links onder op jou skerm sal jy ‘n paar ikone sien:

Kliek op die speelknoppie; sit terug en geniet die virtuele toer in die gemak van jou eie huis. Jy kan enige tyd die toer stop (pause) deur op jou rekenaar/skootrekenaar se spasiebalk te druk of op die stop-ikoon te kliek. As jy op ‘n mobiele toestel kyk, hoef jy net aan jou skerm te raak. In “pause mode” kan jy jouself navigeer deur die pyltjie-sleutels op jou sleutelbord te gebruik of om met die muis op die wit sirkels op die vloer te kliek.  Op jou mobiele toestel kan jy net op die skerm met jou vinger vee of op die wit sirkels op die vloer kliek.  As jy VR-toerusting het, kliek op die VR-knoppie wat soos brilletjies lyk, kies jou hardeware, laai die toep (app) af en geniet die adrenalienbelaaide ervaring van virtuele realiteit… dit is soos om hier te wees!

  • Hoogtepunte (Highlights) = Geselekteerde gebiede binne die toer
  • Speelknoppie = Outomatiese toer
  • Pophuis = 3D-model
  • Vloerplan = Bo-aansig van skool
  • Vloerkeurder (Floor Selector) = Kies vloer
  • Meetinstrument = Meet afstand tussen voorwerpe binne eiendom.

Vir meer inligting, kyk asseblief na die video:

HTS Advert demo