×
000

Welkom by HTS Drostdy

As een van die oudste en grootste tegniese skole in die land, is HTS Drostdy ‘n tuiste vir leerders en ouers wat wyd dink en groot droom oor die toekoms. Hoë standaarde, toegewyde personeel, goeie waardes en dissipline is die skool se fondasie.By HTS Drostdy glo ons dat betrokke leerders ook gelukkige leerders is.

Die skool is uniek in dié opsig dat dit ‘n tegniese studierigting, sowel as ‘n algemene studierigting aanbied wat ons kinders toerus, nie net met puik vakkennis nie, maar ook leer om saam te staan, te fokus, vas te byt en goed gebalanseerd te wees. Kleiner klasse dra by tot ‘n intieme atmosfeer vir elke seun en dogter.

Ons streef daarna om beginselvaste, doelgerigte jongmense op te lei wat die eise van die moderne samelewing kan trompop loop en ‘n sukses daarvan kan maak. Skoolgaan moet egter ook pret wees.

Elke Drostdyer moet met reg kan sê: “Ek is ‘n trotse Donkie, ‘n Donkie wat vir mense omgee.”

Innovasiesentrum in 3D

Die Innovasiesentrum is in 2019 ingerig en leerders van graad 8 en 9 neem Robotika-klasse waar hulle kodering leer en hoe om innoverend te dink, veral oor die toekoms. Die graad 8- en 9-leerders het tydens die inperking gesigmaskers ontwerp wat in die Innovasiesentrum vervaardig is en dit is aan mediese personeel, wat al jare lank ‘n pad met die skool stap, asook aan personeel van die OBOS geskenk. Die 3D-drukker is ook goed ingespan toe ‘n leerder, Stevan Myburg, se kruk gebreek het en hulle met behulp van die SolidWorks sagteware ‘n praktiese plan kon maak sodat Stevan weer altwee krukke kon gebruik.

Drostdy se Innovasiesentrum kan onder in 3D besoek word of deur die volgende skakel te volg.

Drostdy is ‘n belewenis!

Kalender