Salon Antoinette
Ons haarsalon op die skoolgronde sorg dat al die Donkies mooi en netjies is. Hare kan volgens die nuutste style gesny word, om almal gelukkig te hou, binne die skoolreëls natuurlik!
Die salon is altyd oop op die dag voor die skool begin vir die nuwe kwartaal, al is dit ‘n Sondag en normaalweg gedurende skooltye.
Daar word altyd spesiale pakkette vir matriekafskeid aangebied. Maak vroegtydig jou afspraak om teleurstelling te voorkom.
Ouers en besoekers is welkom om afsprake te maak en van haar dienste gebruik te maak. Sy gee ook spesiale pryse vir pensioenarisse.
Skakel gerus of stuur ‘n boodskap: 083 792 6798
Pryse vir 2021
Drostdy leerders
Seuns haarsny -R60.00
Dogters haarsny -R60.00
Pensionarisse
Mans haarsny -R60.00
Dames haarsny -R90.00
Ouers en besoekers
Mans haarsny -R70.00
Dames haarsny -R120.00


