Skoolgelde & Kommunikasie
Finansies
Indien u geld direk in die skool se bankrekening betaal, moet die verwysing duidelik gemerk word met u kind se toelatingsnommer en waarvoor dit inbetaal word (byvoorbeeld “4031 – klere” of “4031 – IGO-boek”). Die bewyse van betaling kan dan per e-pos gestuur word aan debiteure@htsdrostdy.co.za.
Baie misverstande ontstaan as gevolg van ouers wat nie hierdie prosedures volg nie. Help ons asseblief om hierdie misverstande uit te skakel deur die regte verwysing te gebruik.
D6 Connect
HTS Drostdy maak gebruik van die D6 Connect-program om aan ouers inligting deur te gee. Hierdie program kan verniet afgelaai word op u rekenaar of selfoon. Maak asseblief seker dat u die kennisgewings toelaat, daarna verskyn dit as ‘n “pop-up” op u skerm. Alle inligting rondom eksamen, skooltye, sportwedstrydbepalings, belangrike nuus, ensovoorts word hier deurgegee. U kan ook punte besigtig, afwesighede deurgee, en maklike betalings maak op die toepassing. Let asseblief daarop dat dit die swart D6 Connect-toepassing is, en nie die blou D6 Communicator nie.
Die program kan afgelaai word deur hierdie webwerf te besoek.
Laai die D6 Connect Apps direk af
Addisionele Inligting
Beskikbare Betaling
Lees Meer
Ouer Instalasie
Lees Meer
Ouer Oorsig
Lees Meer
Sticitt
Lees Meer
Hoër Tegniese Skool Drostdy gebruik D6 Connect
Kliek hier om ‘n unieke “token” (kode) te ontvang wat u kan gebruik om te koppel aan u organisasie
D6 Connect bied die volgende funksies:
- Gebruikers word ingelig en op datum gehou van die aktiwiteite van die leerders en skool
- Relevante en opgedateerde inligting (bv: skool se kontakpersone en skoolrekeninge)
- Laat gebruikers toe om:
- Direk te antwoord op navrae van die skool (Vervanging van tradisionele skeurstrokies)
- Veranderinge aan te bring aan ouers en leerders se persoonlike data op die skool se databasis
- Algemene navrae direk aan die skool te stuur en terugvoer daarop te ontvang
- Leerderafwesighede aan te meld
U kry ook toegang tot kind-spesifieke funksies:
- Leerderpunte
- Leerderdissipline
- Leerderfinansies
- Leerderafwesigheid
Enige hulp nodig?
Kliek hier vir stap-vir-stap-instruksies.
Naweek Busvervoer 2024
Die Kaapse bus loop elke Vrydag, behalwe wintertye wanneer tuiswedstryde plaasvind; dan ry die bus nadat die eerste spanne Saterdagmiddag klaar gespeel het.
Buskaartjies kan weekliks deur ouers of leerders gekoop word by https://store.sticitt.co.za/HTSBUS. Ons stel voor dat u voor die tyd vir u fondse laai via D6 of op u kind se Sticitt-beursie. Vir ’n video om die proses stap-vir-stap te wys, klik hier. Betalings word slegs op die aanlyn platform aanvaar deur u Sticitt “wallet” of per kaart. Kansellasies moet direk aan Nicoline Lingenfelder deurgegee word by adjunkhoofde@htsdrostdy.co.za. Indien u nie vroegtydig kanselleer nie word die busgeld verbeur.
GEEN EFT-INBETALINGS in die skool se bankrekening word meer aanvaar nie.
Tuisnaweke vertrek daar busse na Vredenburg en Vredendal ook. Dieselfde reëlings ten opsigte van kansellasie geld soos hierbo.
Die Kaap-bus se roete is: Klapmuts, Engen 1-Stop en Tygervallei.
Die Vredenburg-bus se roete is: Wolseley, Malmesbury, Hopefield en Vredenburg.
Die Vredendal-bus se roete is: Gouda, Halfmanshof, Porterville, Piketberg, Eendekuil, Citrusdal, Clanwilliam, Klawer en Vredendal.