Asini – Klerewinkel

Die Asini is in 2022 gestig as die alleenhandelaar van alle HTS Drostdy skool- en sportuniforms. Sedert 2024 word die winkel deur De Jagers bestuur en is daar ook klereitems van De Jagers in die winkel beskikbaar. 

Die Asini is geleë op die skoolterrein en kan deur buitepersone besoek word. Leerders kan aankope doen tydens pouses en na skool. GEEN leerder sal tydens klastyd in die winkel toegelaat word nie.

Kaart-transaksies word aanbeveel. GEEN kontant word aanvaar. EFT kan gedoen word deur vooraf per e-pos ‘n reëling met die bestuurder, mnr. Enrique Britz, te tref.

Winkeltye:

Maandae tot Vrydae: 07:00 – 16:00

Graad 8’s vir 2025 het spesiale ure ontvang waartydens hulle per afspraak die winkel kan besoek.

Die winkel sal gesluit wees vanaf 21 Desember 2024 tot 6 Januarie 2025.

Kontakbesonderhede:

E-pos: asini@dejagers.co.za

HTS Advert demo