Winterbal
Drostdy hou jaarliks in die derde kwartaal ‘n bal wat spesiaal gehou word vir graad 10 tot 12-leerders. Hierdie geleentheid word deur die Matriekraad vir die leerders gereël. Dis ‘n spoggeleentheid wat ‘n driegangmaaltyd insluit, kans om semi-formeel aan te trek en heerlik te dans. Graad 8-leerders tree as kelners op en dis werklik ‘n hoogtepunt op Drostdy se sosiale kalender.