Verenigings

HTS Verenigings Multimedia

Multimedia

Die Multimediakomitee is verantwoordelik vir die verskaffing van klank by die sportbyeenkomste wat tuis aangebied word, die maak van video’s vir bemarking, die neem van foto’s en enige algemene gebruik van tegnologie by die skool.  Ons is die tegnologiese ruggraat van die skool.

Hierdie is ‘n goeie geleentheid vir leerders wat belangstel om ‘n klankingenieur te word of wat graag meer wil leer van tegnologie.  Leerders ontvang basiese opleiding.

Die Multimediakomitee werk op snaakse tye en dis glad nie snaaks om of baie laat in die bed te kom of baie vroeg te moet opstaan nie.  Leerders word ook geleer om vooruit te beplan en volgens ‘n spesifieke beplanning te werk.  In die groep moet ‘n mens presies weet wat die ander persoon doen en jy moet die ander persoon kan vertrou om seker te wees dat hy/sy die regte opdrag uitvoer en dat almal dieselfde dink en doen… Ons het ook baie pret en daar word uit die saamwerk ‘n kameraderie gevorm waar almal vir mekaar omgee en nie net op die werk gefokus word nie.

Kontakpersoon – Adriaan Alberts – adriaanalberts@htsdrostdy.co.za

Noodhulp

NoodhulpDrostdy is bevoorreg dat ‘n groep leerders as noodhulpbeamptes gekwalifiseer is en ‘n groot groep as rugbynoodhulp kwalifiseer.

Daar word gereeld noodhulpkursusse aangebied wat leerders die geleentheid bied om hulself as noodhulpbeamptes te kwalifiseer.

Tydens sportgeleenthede tree van die leerders as noodhulpbeamptes op.
Die leerders word kwartaalliks vergoed vir dienste gelewer.

Kontakpersoon – Rachelle Swiegers – ontvangs@htsdrostdy.co.za

HTS Verenigings Noodhulp
HTS Donkies vir Jesus logo

Donkies vir Jesus

Donkies vir Jesus is ‘n Christen jeug-aksie binne HTS Drostdy. Tieners neem hier deel aan lofprysingsgeleenthede, kleingroepe en uitreike binne en buite die skool. Gereelde sprekers kom deel hulle wysheid oor ‘n reistog in geloof.

Ons wil Jesus se hande en voete wees. Met ons weeklikse byeenkomste, in Vrydag se eerste pouse, wil ons ‘n geleentheid, waar alle Donkies ‘n stuk van Jesus se hart kan beleef, skep.

Voluit vir Jesus, Voluit Donkie!

Kontakpersoon – Hansen Preuss – jeugwerker@htsdrostdy.co.za

Drostdy Eko-lusie

Ons as skool wil graag ons deel doen om ons koolstofvoetspoor bietjie ligter te maak, so ons stel graag ons nuwe klub bekend: Drostdy Eko-lusie. Ons projekte sal altyd streef daarna om volhoubaar te wees. Die eerste projek wat ons loods, behels die insameling van plastiekdoppies en “bread tags” wat in samewerking met die Sweethearts Foundation herwin word om rolstoele vir mense in nood te skenk.

Binne-in alle doppies staan ‘n herwinningsnommer – vir hierdie projek is #2 en #5 aanvaarbaar (basies die doppies van enigiets wat jy kan drink). Spoel asb die doppies uit en stuur dit skool toe. Hier is houers in die skool neergesit waarin die doppies en “bread tags” gegooi kan word.

Ons sal graag wil hê dat dit ‘n kopskuif moet veroorsaak en dat almal van nou af tot daar die dag nie meer plastiek vervaardig word nie hulle doppies en “bread tags” sal hou en skool toe stuur. Sodoende help ons die omgewing deur plastiek te herwin en die gemeenskap wat in nood verkeer.

Kontakpersoon – Rensia Mentz – rensiamentz@htsdrostdy.co.za