Mnr. & Mej. Drostdy
Die Mnr. en Mej. Drostdy-skouspel vind elke jaar plaas. By hierdie geleentheid neem graad 12-seuns en graad 11- en 12-meisies deel. Die geleentheid lok jaarliks baie belangstelling en word bygewoon deur ongeveer 550 mense. Die finaliste vermaak die gehoor met goedgeoefende danspassies en stap op die loopplank soos professionele modelle.
Hou die jaarprogram dop vir die Mnr. en Mej. Drostdy-skouspel – moet dit nie misloop nie!