×
000
MATRIEKAFSKEID 2021
Vrydagaand, 22 Oktober het ons op ‘n glansryke manier afskeid geneem van ons matrieks. Dis vir ons lekker om die voorreg te hê om die skoolsaal te omskep sodat hulle hul laaste afskeid kan hê waar hulle die eerste keer in graad 8 ingestap het vir ‘n saalbyeenkoms om hul hoërskoolloopbaan te begin.
 
Hier is solank ‘n paar foto’s van die saal. Die tema: It’s a jungle out there

Galery

MATRIEKAFSKEID 2019

Die Matriekafskeid is elke jaar ‘n groot hoogtepunt op die kalender, maar in 2020 het die pandemie ons planne bietjie in die wiele gery en het die Departement van Onderwys die hou van matriekafskeide verbied. Dus kyk ons terug op 2019.

Matriekafskeid 2019 – Heart of the Ocean

Die matriekafskeid van 2019 het die gaste weggevoer na ‘n wonderwêreld onder die see – kompleet met visse op die tafels!

Die graad 11’s en hul registerpersoneel is elke jaar absolute staatmakers! Ons sien uit om in 2021 weer ‘n glansgeleentheid aan te bied. Hou hierdie spasie dop…