Juniordinee

Hierdie is ‘n geleentheid vir die Graad 8- en 9-leerders om ook spoggerig aan te trek. Hierdie geleentheid fokus baie op onderrig. Daar word spesiaal moeite gedoen om die leerders van etiket en tafelmaniere te leer. Hulle het selfs hulp met dans gekry. Die dinee word jaarliks by Bergland net buite Worcester aangebied.