Bloedskenk
Bloedskenk is baie hoog op die Donkies se prioriteitslys. Die opkoms is so goed dat amper 40% van die totale skenkers beskikbaar opdaag en skenk. Leerders ouer as 16 en onderwysers skenk kwartaalliks ongeveer 140 eenhede.
Drostdy presteer jaarliks in dié verband. Ons verower gereeld die Guthrie-trofee vir die meeste eenhede, ongeveer 450 eenhede, geskenk in die Wes-Kaap.
Ons moedig alle Donkies wat ouer as 16 is en meer as 50 kg weeg om van die kwartaallikse kans om lewens te red, gebruik te maak.
Kontakpersoon: mev. Lou-Marie Lloyd – loumarielloyd@htsdrostdy.co.za.