×
000

Toekomstige Donkies
– Graad 8’s 

Baie welkom aan ons toekomstige graad 8’s! Ons is baie opgewonde en kan nie wag om julle volgende jaar by HTS Drostdy te verwelkom nie!

Kliek op die volgende skakel om die graad 8-handleiding vir 2021 af te laai.

Die aansoekvorm kan nou aanlyn ingevul en gestuur word. Kliek op die areas waar inligting ingevul moet word en u sal dan die inligting kan intik of oplaai. Aan die einde van die vorm is daar ‘n “submit” knoppie en kan u op hom kliek om die vorm in te dien.

Ons is so bly julle het Drostdy gekies en ons belowe om dit vir julle ‘n belewenis te maak!

Opedag

Die Opedag van die skool is ‘n jaarlikse instelling wat voornemende leerders die geleentheid bied om Drostdy van nader te leer ken. Daar word gewoonlik ‘n oggend-en aandsessie gehou sodat soveel moontlik ouers die geleentheid kry om die dag by te woon. Nie alleen is daar vak- en sportuitstallings nie, maar ook die skoolterrein met sy fasiliteite, tegnologiesentrums en koshuise word oopgestel vir die besoekers. Geleentheid word gebied om persoonlik met die personeel kontak te maak.

Virtuele Opedag 2021

In veranderende tye loop Drostdy voor. Ons opedag het vanjaar slegs virtueel plaasvind sodat elkeen uit die veiligheid van hul eie huise steeds kan deel raak van die belewenis.

Aktiwiteite tydens 2020 Opedag