×
000
HTS Sport Banner Rugby

Toutrek is in 1974 deur Louis Coetzee (Meester) en Hercules Opperman (Oppies) by Drostdy begin. Sedertdien kan daar op ‘n roem- en tradisieryke toutrekgeskiedenis, vol hoogtepunte, teruggekyk word.

 

Tans is daar meer as 50 seuns wat gereeld oefen en Saterdae in 6 gewigsafdelings deelneem:

 

400 kg; 440 kg; 480 kg; 520 kg; 560 kg; 600 kg.

 

Daar is 35 dogters wat sedert 2013 in 3 gewigsafdelings: 440kg, 480kg, 520kg meeding.

 

Van 2016 – 2019 af is die dogters die WP/Wynland en SA-kampioene in al die gewigsafdelings. In Kaapstad (2018) wen hulle die silwer medalje op die Wêreldkampioenskap. Die 520-kg gemengde span (4 seuns en 4 dogters) is vanaf 2018 die WP/Wynland en SA-kampioene.

 

Oefentye

Juniors
Maandae, Dinsdae en Donderdae
14h15 – 15h00

Seniors
Maandae, Dinsdae en Donderdae
15h15 – 17h15

OPPIE-TOU (die toutrek-oefenarea)

 

Kompetisies 2021:

Streekskompetisies elke Saterdag (1ste kwartaal) behalwe tuisnaweke.
SA-Juniors – Malmesbury . Tydens die kampioenskappe is daar drie gewigsafdelings wat kan kwalifiseer om in 2021 aan die Wêreld Junior Kampioenskap in Basque, Spanje te gaan deelneem. 480kg Dogters, 560kg Seuns en 520kg Gemeng.

Vir verdere navrae kontak Mnr. Morné Visser deur hom te e-pos: toutrek@htsdrostdy.co.za

Uitslae 2020

Op die WP/Boland byeenkoms wen Drostdy se seuns goud in 5 van die 6 gewigsafdelings. Hulle verower ook nog 3 silwer en 3 bronsmedaljes. Die dogters wen 3 silwer in al drie hulle gewigsafdelings en palm ‘n verdere 3 brons medaljes in.

Tydens die Toutrekkampioenskap op Drostdy se velde, wen Drostdy se seuns 4 silwer en 2 bronsmedaljes, in die 6 gewigsafdelings. Die dogters verower 1 silwer en 1 brons in die 3 gewigsafdelings.

Afrigters

Morne Visser

Direkteur van Toutrek:
E-pos: toutrek@htsdrostdy.co.za

Nollie Stofberg

Nasionale Kleure / Nasionale afrigter / Senior keurder

Randall Hearne

Afrigter

Riaan van Lill

Onderwyser en Nasionale junior-afrigter

Garth Faro

Fiksheid en kondisionering

Jannie Louw

Afrigter

Eric Britz

Nasionale kleure / Strategiese beplanning

Willem Viljoen

Nasionale kleure / Nasionale afrigter