
FASILITEITE:
Drostdy beskik oor baie goeie fasiliteite en is bevoorreg om ses tennisbane te hê. Ook beskik ons oor ‘n pragtige klubhuis en ons eie toiletgeriewe.
LIGA:
Drostdy het vier seunspanne en vier dogterspanne wat elke jaar in die Kavaliers-Noord Liga speel. Ons presteer besonders goed met ons spanne wat gereeld die ligas oorheers deur as ligawenners aangewys te word.
WEDSTRYDE:
Dit word in die eerste en vierde kwartaal gespeel. Die ligawedstryde vind plaas op Vrydagmiddae na skool plaas.
OEFENDAE EN -TYE:
Seuns
Maandae
14h15 – 15h45
Woensdae
16h00 – 17h15
Dogters
Dinsdae en Donderdae
14h15 – 15h45
TOERNOOIE EN TOERE:
Ons neem elke jaar deel aan die Agnes Pauw- en die Gerrie Berner-toernooi.
PROEWE:
Die O/15, O/17 en O/19 Kavaliers-Noord-proewe vind in die 4de kwartaal plaas. Na afloop van hierdie proewe vind die Kavaliers-Platteland Toernooi en die Kavaliers-Platteland Proewe plaas. Leerders wat in die Kavaliers-Platteland-span opgeneem word, speel dan teen SWD (Eden), OP en WP (Disas).