×
000
HTS Sport Banner Rugby

Skaak is ‘n baie opwindende uitdaging vir almal wat daarvan hou om hul breinkrag te ontwikkel. Ons neem aan die liga asook die Boland proewe deel. Skole wat in ons liga deelneem is: Hexvallei Sekondêr, Worcester Gimnasium, Montana, Worcester Sekondêre Skool, De Villliers Graaf Hoërskool, Esselenpark Hoërskool, Hoërskool Breërivier, Hoërskool Robertson, Hoërskool Goudini en Vusisizwe Sekondêr.

Skaak is ‘n dinamiese sport wat baie voordele vir die leerder inhou. Sommige van hierdie sluit in:

  • om konsentrasievermoë te verbeter
  • om organisatoriese vaardighede te verbeter
  • om geheue te ontwikkel
  • om streshanteringsvaardighede aan te leer
  • om verbeelding en kreatiwiteit te ontwikkel
  • om sosiale vaardighede te verbeter
  • om punte in Wiskunde en Wetenskap te verbeter

Afrigters

Afrigter: Albrecht van Zyl
Selnommer: 082 447 5191

Afrigter: Adriaan Alberts                    E-pos: adriaanalberts@htsdrostdy.co.za

Organiseerder: Nelmarie Compton
E-pos: nelmariecompton@htsdrostdy.co.za

Oefentye

Die vasgestelde oefentye is Donderdae 15:30 tot 17:00. Skaak is ‘n deurlopende sport en wedstryde vind normaalweg gedurende die week plaas.

Prestasies

Ons het hierdie jaar deelgeneem aan die jaarlikse Noord-Bolandproewe waar 10 van ons leerders deelgeneem het. 2 van ons leerders het in die Top 10 van hulle onderskeie ouderdomsgroepe beland. Weens die inperking was daar nie n volgende rondte nie.