
HTS Drostdy is trots daarop om hierdie persoonlik, verrykende buitesport te erken en ondersteun.
Ons is trots op ons leerders wat ons skool in verskeie perdrydissiplines verteenwoordig.
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Nasionale Ruiterskole (“South African National Equistrian School Association”) word verteenwoordig deur skoliere regoor die land.
Elke Provinsie in Suid-Afrika het “SANESA” verteenwoordiging. Sommige Provinsies word verder verdeel in distrikte. In die Wes-Kaap vorm Eden, Kaapse Wynland, Metro/Weskus en Overberg die vier Distrikte.
Elke Provinsie/Distrik hou tot vier multidissipline-kompetisies gedurende die eerste sewe maande van die jaar. Die top 8 ruiters in elke dissipline verteenwoordig hulle Provinsie/Distrik. In die Wes-Kaap kompeteer Eden, Kaapse Wynland, Metro/Weskus en Overberg by die streekskompetisie (“regionals”) waaruit die Wes-Kaap span gekies word om by die jaarlikse “SANESA” Nasionale Kampioenskappe hulle provinsie te verteenwoordig.
Tans (2021) is daar nasionaal;
- 2,259 deelnemende SANESA-ruiters;
- 1,115 deelnemende hoërskoolruiters;
- 1,136 deelnemende laerskoolruiters;
- 698 deelnemende skole; en
- 2,535 deelnemende perde.
Ons leerders wat hierdie sport beoefen leef verseker ons skool se waardes, naamlik “Trots, Verantwoordelikheid, Liefde en Respek” ten volle uit!
SANESA dissiplines sluit in:
- “Dressage”
- “Dressage Freestyle”
- “Endurance”
- “Equitation”
- “Eventing 3 Phase”
- “Handy Hunter”
- “Jumping”
- “Mounted Archery”
- “Saddle Seat”
- “Prix Caprilli”
- “Showing”
- “Special Needs”
- “Stadium Eventing”
- “Vaulting”
- “Western Mounted Games”
- “Western Riding”
- “Working Equitation”
Ons het ook TOP-ruiters wat aan Uithouritte en Gymkana deelneem.

PRESTASIES 2022

PROTEA RUITERKUNS PROEWE;
Kiara Louw en Jana Lamneck het die Westelike Provinsie by die Saddle Seat South Africa se Nasionale Protea Ruiterkuns proewe tussen 26 – 29 Januarie 2022 op Somerset Oos verteenwoordig. Hulle het baie goed gevaar.
- WP wen die Interprovinsiale Kompetisie in die 3-gang afdeling (Goud)
- WP wen die Interprovinsiale Kompetisie in die 5-gang afdeling (Goud)
Baie geluk ook aan Kiara Louw wat verkies tot die Vyfgang Junior Protea ruiterkuns span vir 2022 wat hopelik na die VSA sal reis om teen Amerika en Kanada deel te neem
Ons is baie trots op julle!
PRESTASIES 2021
SANESA -1ste kwalifiserende skou
27 en 28 Februarie 2021
Chrisma Sutherland:
Dressage – 3de
Equitation – 2de
Performance – 1ste
Prix Caprilli – 2de
Show Jumping – 1ste
Anmari du Toit:
Dressage – 1ste
Dressage – 2de
Performance – 1ste
Andrea Visser:
Dressage – 4de
Equitation – 1ste
Show Jumping – 2de
Show Jumping – 2de
SANESA – 2de kwalifiserende skou
23 en 24 April 2021
Chrisma Sutherland
2de – Equitation
2de – Working Hunter
2 x 3des – Show Jumping
Andrea Visser
1ste – Equitation
6de – Dresseer
3de – Show Jumping Accumulator
Anmari du Toit
1ste – Freestyle Dressage
1ste – Performance Riding
1ste en 2de – Dressage
Le-Ree Pople
1ste – Dressage
2de – Performance Riding
1ste – Equitation
3de – Jumping
2de – In-Hand Utility
SANESA – 3de kwalifiserende skou
22 en 23 Mei 2021
Andrea Visser
1ste – Equitation
4de – Showjumping
5de – Showjumping
6de – Dressage
7de – Dressage
Anmarie du Toit
1ste – Performance
1ste – Freestyle
4de – Dressage
5de – Dressage
Chrisma Sutherland
1ste – Working Hunter
2de – Equitation
2de – Dressage
5de – Showjumping
Wes-Kaapse SANESA Interdistriks-kompetisie
6 – 9 Augustus 2021
Chrisma Sutherland:
Show Jumping 1 – 6de
Show Jumping 2 – 4de
Dressage – 6de
Equitation – 8ste
Working Hunter – 5de
Anmari du Toit:
Performance Riding – 1 ste
Dressage – 5de
Andrea Visser:
Equitation – 3de
Dressage – 3de en 9de
Jumping – 9de en 12de

SANESA WYNLANDSTREEK-SPAN;
Ons is baie trots op Anmari du Toit, Andrea Visser en Chrisma Sutherland wat gekies was om die Kaapse Wynland-streek by die Wes-Kaapse Interdistrikskompetisie vir perdry te verteenwoordig.
Al drie dogters kwalifiseer ook vir hulle Wes-Kaapse klere.
Maretha Geldenhuys tree ook op as hul spanbestuurder.
Baie geluk met hierdie mooi prestasie!

RUITERSKUNS;