×
000
HTS Sport Banner Rugby

HTS Drostdy was hoofsaaklik vir dekades ‘n seunskool met slegs ‘n paar dogters.

In 2008 was daar ongeveer 80 dogters in die hele skool wat slegs uit dorpsleerders bestaan het, aangesien daar nie ‘n dameskoshuis was nie.  Daar was ook net 2 netbalspanne.

In 2020 staan ons op ongeveer 350 dogters in die skool en ‘n ongelooflike 17 netbalspanne.

HTS Drostdy se netbal het die afgelope 10 jaar ‘n eksponensiële groei getoon in hul netbalprestasies en is nou die top netbalskool in die dorp.

Die prestasies kan gesien word aan die aantal Wes-Kaap en Kaapse Wynland spelers wat opgelewer word.

Die aantal wedstryde het ook drasties toegeneem in die afgelope paar jaar wat definitief bydra tot die skool se suksesse.

Vir die 2021 seisoen word daar beplan dat die eerstespan ongeveer 40 wedstryde speel, die A-spanne ongeveer 30 wedstryde, B-spanne ongeveer 15 wedstryde en die C-en D-spanne ongeveer 10 wedstryde.  (Al die bogenoemde getalle is die minimum hoeveelheid wedstryde wat gespeel sal word indien Covid-regulasies dit toelaat.)

Ons het ook baie pret deur jaarliks ‘n oefenkamp te hou waar die spanne mekaar beter leer ken en ons hou as Drostdy netbal ‘n spanbou sodat die verskillende ouderdomme mekaar ook beter kan leer ken.

By Drostdy het ons passievolle afrigters wat graag die skool se netbal en elke individuele speler wil verbeter.

Kies sukses!

Kies Drostdy!

Visie

Spelers: Gelukkige, goed gedissiplineerde spelers met ‘n gebalanseerde lewensuitkyk en wat hulle volle potensiaal bereik om op gelyke voet met ander jong volwassenes die wêreld te betree.

Afrigters: Positiewe, toegewyde en professionele afrigters wat vir die spelers en mekaar omgee en deur wie se doelgerigte en aanpasbare afrigting die spelers tot hulle volle potensiaal ontwikkel.

Missie

Die missie van HTS Drostdy Netbal is om elke speler in haar totaliteit tot verantwoordelike, gedissiplineerde en waardegedrewe volwassenheid as speler te lei en te ontwikkel.

Afrigters

Netbal-organiseerder

Juf. Marie-Louise Visser
E-pos: netbal@htsdrostdy.co.za

0/14 A

Liesel van Deventer

0/14 B

Coleen van Zijl

0/14 C + D

Inge van der Walt

0/15 A + B

Tarien de Wet

0/15 C + D

Nelmarie Claassen

0/16 A + B

Marie-Louise Visser

0/16 C + D

Leanne Gregg

0/17 A

Berenice Everson

0/17 B

Lana du Toit

O/19 A

Suanne Redelinghuys

O/19 B + C

Ronell van der Sandt

Toere en Toernooie

Wedstrydbepalings word op die jaarprogram aangedui.  Noord-Boland liga bepalings word eers in Februarie bekend gemaak.  Hierdie wedstryde word in die week gespeel.

In 2021 sien ons uit na die volgende geleenthede:

  • Jaarlike Wintersport Oefenkamp & 1ste Span Capping Funksie
  • BA-Reeks
  • Jaarlikse Tuis Sportdag
  • Brackenfell Sportdag
  • Strauss Toernooi
  • Noord-Suid Derby
  • Paarl Gim Netbalfees
  • Bellville Sportdag
  • Stellenberg B-F Toernooi
  • Sportdag teen La Rochelle
  • Wynland Top Skole
  • Sportdag teen Paarl Gim
  • Sportdag teen Duineveld
  • Sportdag teen Tygerberg
  • Putty Cup, Tea Cup, Hiccup
  • Fast 5 toernooi

Eerste Span 2021

Agter v.l.n.r. : Ferrenay John, Helena Du Toit (Kaptein), Carla Hoffman, Jannika Van Zijl (Onder Kaptein), Danél Viljoen, Cameron Mostert
Voor v.l.n.r. : Voor van links na regs: Keesha Jacobs (Manager), Raquel Njela, Meriska Van Zyl, Afton Pieterse, Jana Taylor

Netbal kleredrag

Wedstrydklere, “warm-up tops” en sweetpakke is by die klerebank beskikbaar.

Die minimum wat elke speler moet hê is ‘n rompie, ‘n hempie en kouse.

A-span spelers word aangemoedig om twee rompies, twee hempies en ekstra kouse aan te koop indien dit moontlik is.

Toekennings 2019

Span van die jaar (Annica Pretorius Wisseltrofee)
O/14 A

Senior speler van die jaar (Suanne Redelinghuys Wisseltrofee)
M’CailenLombaard

Junior speler van die jaar (Suanne Redelinghuys Wisseltrofee)
Afton Pieterse