×
000
HTS Sport Banner Rugby

Krieket by Drostdy gaan van krag tot krag.

Die ywer van jong afrigters en gewillige seuns, beteken dat hierdie sport ongelooflike welslae sal oplewer in die nabye toekoms. Die 2019/2020 seisoen is reeds ‘n sprekende voorbeeld, waar die eerstespan onder die top 50 krieketspanne in die land geëindig het. In ons streek, word al ons spanne as die voorste spanne gereken.

Ons o/15B- en o/19 B-spanne speel in die Noord-Boland se weekliga en speel uiterse kompeterende krieket. Onoorwonne uitslae is ‘n gereelde gesig by hierdie spanne.

Drostdy se o/15 A-span speel in Boland se Saterdag-liga wat uit 50 boulbeurte per kolfbeurt bestaan. Dit is ‘n strawwe kompetisie, maar Drostdy is ‘n gerekende span in die Boland. Oorwinnings teen onder andere Boland Landbou en Worcester Gimnasium, wys dat krieket by Drostdy nog blakend gesond is. Daar word ook addisionele weekwedstryde gereël om die vaardighede in T20 wedstryde te ontwikkel.

Ons o/19 A-span speel ook in die Boland se Saterdag kompetisie. Hierdie wedstryde is hoogs kompeterend aangesien die senior seuns al die fyner kunsies van krieket ken en beoefen. Die o/19 A-span neem jaarliks deel aan Boland se T20 uitklop kompetisie en ding ons mee teen die top Boland-skole.

Vir die eerste keer in Drostdy se geskiedenis, het ons ‘n dogterspan op die been gebring. Nie net het hulle al hul wedstryde oortuigend gewen nie, maar lewer ons ook drie Noord-Boland spelers op. Die dogters kry die geleentheid om hul staal te wys teen sterk skole in die Noord-Boland omgewing. Na slegs een seisoen word die span as een van die bestes in die streek geag.

Afgesien van die feit dat ons skool van twee turfkolfblaaie, ‘n sementkolfblad en oorgenoeg krieketnettebeskik, het ons ook ‘n afgesonderde boulmasjien-area waar ons deurlopend oefeninge kan bied.

Op elke Vrydag, is daar ook die krieketakademie tot die spelers se beskikking en raai ons al ons spelers aan om dit by te woon.

‘n Groot dankie ook aan elke ouer en borg vir ongelooflike ondersteuning deur elke seisoen.

Vir enige verdere navrae, e-pos vir mnr. Armand Swart – armandswart@htsdrostdy.co.za

Afrigters

Krieket-organiseerder

Armand Swart
E-pos: armandswart@htsdrostdy.co.za

Dogters

Leanne Gregg

0/15 A

Afrigter: Gerhard Raal
Afrigter: JS Fourie

0/15 B + C

Afrigter: Renier Moolman
Afrigter: Marco le Roux
Afrigter: Andri Marais

0/19 A

Afrigter: Johan Havenga
Afrigter: Armand Swart

0/19 B

Afrigter: Isak de Jager
Afrigter: Herman Mentz

Addisionele Inligting