×
000
HTS Sport Banner Rugby

Hokkie is een van die gewilde wintersportsoorte wat beoefen word by HTS Drostdy vir beide seuns en dogters.

Vanaf Julie 2018 beskik Drostdy ook oor sy eie astroturf wat ons toelaat om skouers te skuur teen die sterker hokkieskole in die land. Na slegs een seisoen van wedstryde en oefeninge op die nuwe astroturf is daar reeds ‘n groot verbetering aan vaardighede asook die kwaliteit van hokkie oor die algemeen. Met hierdie verbetering en toekomstige vaardigheidskampe beoog Drostdy-hokkie om die hoogtes in te skiet.  Daar word belê in kwaliteit afrigters asook spesialis hokkiekampe om al ons spanne die nodige voorsprong te gee wat hul benodig.

Die 2019-hokkieseisoen was Drostdy se eerste seisoen waar spanne grotendeels slegs op die astroturf wedstryde gespeel het. Spelers en afrigters het ongelooflik baie geleer asook gegroei gedurende hierdie blootstellingsjaar. Die eerstespan seuns en dogters neem ook in 2019 deel aan die bekende, Fairmont hokkietoernooi, waar hul teen baie sterk kompetisie goed presteer het.

Die o/16-seuns het aan die Paarl Gimnasium-toernooi deelgeneem en die o/14-seuns aan die Boys High-toernooi. Al die dogterspanne neem deel aan ons eie Noord-Suid toernooi wat tuis aangebied is. Spanne het ook deelgeneem aan die Fast 5’s in die Paarl- asook die Spar Challenge vir dogters.

Met die jaar 2020 en 2021 was sport meestal afgestel weens die Covid-19 pandemie. Die o/14-spanne het wel aan die DF Malan-toernooi deelgeneem waar hul baie goeie uitslae behaal het. Die o/16-dogters het ook meegeding by die gewilde Spar Challenge naweek.

Daar is groot opwinding vir Drostdy hokkie in 2022 met die hoop om te verbeter op 2019, 2020 en 2022 se uitslae. Die 2022 seisoen is gelaai met meer as 30 wedstryde vir die eerstespanne asook toere vir meeste van die spanne. Die Afrimat Noord-Suid Derby toernooi word ook hier op Drostdy se gronde aangebied gedurende die Maart vakansie.

Dogter 1ste Span;
Agter v.l.n.r. : Inge de Villiers, Jade Avenant, Danè van Rensburg, Linmarie Le Roux, Mienke Wessels, Zuane Moir, Janke Kruger
Voor v.l.n.r. : Danelle Gallowitz, Salome Rossouw, Danay Benjamin, Afrigter: Bianca van Schalkwyk, Mia Gunter, Anika Spies, T’Neal Titus
Awesig: Hestie de Villiers

Seuns 1ste Span;
Agter v.l.n.r. : Ruben Colling, Wessel Strydom, Jordan Le Roux, Handre Linde, Cobus de Villiers, Nicol van Rhyn, SW Venter, Christiaan du Toit
Voor v.l.n.r. : Eugene Labuschagne, jean Wium, Alex Avenant, Alistair Januarie (Afrigter), Hermanus Steijn, JC Koegelenberg, Johan le Roux

Afrigters

Direkteur van Hokkie:

Mnr. Daniel Roothman
E-pos: hokkie@htsdrostdy.co.za

O/14 A – Dogters

Hoofafrigter: Mnr. Andries Vellema
E-pos: andriesvellema@htsdrostdy.co.za
Afrigter: Mnr. Daniël Roothman

O/14 A – Seuns

Hoofafrigter: Mev. Tess Marais
E-pos: tess@tessgraphics.co.za
Afrigter: Mnr. Daniël Roothman

O/14 B – Dogters

Hoofafrigter: Mev. Sune Oosthuizen
E-pos: suneoosthuizen@htsdrostdy.co.za
Afrigter: Mnr. Daniël Roothman

O/14 B – Seuns

Hoofafrigter: Mnr. Louis Steijn
E-pos: louissteijn@htsdrostdy.co.za
Afrigter: Mnr. Daniël Roothman

O/16 A – Dogters

Hoofafrigter: Mej. Olga Grunder
E-pos: olgagrunder@htsdrostdy.co.za

O/16 A – Seuns

Hoofafrigter: Mnr. Daniel Roothman
E-pos: hokkie@htsdrostdy.co.za

O/16 B – Dogters

Hoofafrigter: Mej. Di-Andi Fontini
E-pos: diandiff@gmail.com

O/16 B – Seuns

Hoofafrigter: Mnr. Druidaard de Goede
E-pos: druidaarddegoede@htsdrostdy.co.za

O/19 A – Dogters

Hoofafrigter: Mej. Bianca van Schalkwyk
E-pos: biancaunderhay@htsdrostdy.co.za
Afrigter: Mej. Sinalo Jafta
Afrigter: Mnr. D Roothman

O/19 A – Seuns

Hoofafrigter: Mnr. Alistair Januarie
E-pos: alistairjanuarie63@gmail.com
Afrigter: Mej. Sinalo Jafta
Afrigter: Mnr. D Roothman

O/19 B – Dogters

Hoofafrigter: Mej. Bianca Coetzee

O/19 B – Seuns

Hoofafrigter: Mnr. Andri Marais

Spesialis Personeel Portefeulje

Spesialisafrigter: Mej. S Jafta
Video-ontleder: Mnr P Compton
Video-ontleder: Mej. S Jafta
Krag en Kondisionering: Mnr C Britz
Doelwagtersafrigter: Mej. B Coetzee

Addisionele Inligting