
Gholf word hoofsaaklik in die eerste kwartaal aangebied. Gedurende hierdie kwartaal vind daar verskeie kompetisies in die Noord-Bolandliga plaas. Elke kompetisie word op ‘n ander baan in die Wynlanddistrik beslis. Skoolvervoer is beskikbaar.
Drostdy skryf elke jaar, afhangende van die belangstelling, twee spanne in. Leerders wat geïnteresseerd is, moet hulle eie gholfstelle hê en die basiese vaardighede van die spel bemeester het. Hulle moet ook as juniorlede by hulle onderskeie klubs geregistreer wees. Indien nie, kan hulle by die Worcester Gholfklub aansluit.
Na afloop van die seisoen word die top 20-spelers in die liga genooi om aan die Boland Junior Kampioenskap deel te neem.
Privaatlesse kan gereël word indien daar ‘n behoefte is. Die ‘driving range’ naby die skool kan ook besoek word om die spelers se tegniek te verfyn.
Afrigters
Gholf-organiseerder
Pierre Compton
E-pos: pierrecompton@htsdrostdy.co.za
Afrigter
Mev. Liesl Möller
Addisionele Inligting
Oefentye & Tyd:
Twee dae per week (aangepas volgens skoolsport-rooster)
15:30 -17:00
Wedstryde:
Maandae
Onkoste:
±R100 per rondte. Hierdie prys word jaarliks hersien.