×
000
HTS Sport Banner Rugby

HTS Drostdy het sedert 2013 ‘n aktiewe bergfietsryspan, wat jaarliks groei. Ons het sowat 50 leerders wat jaarliks deelneem aan die skole-ligabyeenkomste wat  aangebied word deur die Spur. Daar is tans sowat 20 leerders wat op provinsiale vlak deelneem aan bergfietswedrenne.

Ons doel is om deelname en vaardigheidsontwikkeling in fietsry by almal met belangstelling in die sport aan te moedig en, alhoewel die fokus op bergfiets ry is, ondersteun ons alle vorme van fietsry. Fokus word veral op bergfietsry geplaas omdat dit ‘n goeie kombinasie van fiksheid en vaardighede benodig om daarin te presteer.

Die jaarlikse fietsrykamp is ‘n baie suksesvolle spanbousessie, waar die ryers mekaar beter leer ken. Die kamp word aangebied deur Marcel  Van der Poll van Velow World Coaching.

Die hoogtepunt vir hierdie groep leerders, is egter om die Nasionale byeenkoms by Wagpos naby Britz te kan bywoon. Ons het reeds die afgelope 4 jaar gekwalifiseer en het in 2019  in die gemengde liga (seuns en dogters) by die Nasionale byeenkoms algeheel tweede geëindig. ‘n Eerste vir die Donkies.

HTS Drostdy gee ten volle erkenning aan leerders vir prestasies behaal in fietsry en leerders kan dan ook kleure en erekleure in dié sport verwerf.

Organiseerder

Le-anne Gregg

E-pos: leannegregg@htsdrostdy.co.za

Addisionele Inligting