×
000
HTS Sport Banner Rugby

Drostdy se atletiek begin jaarliks met die Graad 8’s se atletiekbyeenkoms (aangebied deur die Bestuurskomitee) aan die einde van hul oriënteringsweek. Die week daarna word opgevolg met ons Interkoshuis-atletiekbyeenkoms.

Nadat ons 2019 op ‘n hoogtepunt afgesluit het, was daar met groot afwagting geoefen en gewerskaf om reg te maak vir die 2020 seisoen. Die Nasionale Twizza byeenkoms, Interkoshuis en provinsiale Kampioenskappe was onder andere die hoogtepunte waarna ons ywerige en toegewyde atlete uitgesien het.

Die jaar het met ‘n oefenkamp afgeskop waar atlete vir twee dae kontaksessies met afrigters kon deurbring. Alhoewel die getalle min was, was die gees en verwagting vir die seisoen wat voorgelê het, baie hoog. Afrigters kon bepaal of atlete deur die vakansie gewerk het aan die oefenprogramme wat aan hulle verskaf is die vorige jaar.

Interkoshuis:

Die Interkoshuisatletiek was vanjaar ‘n groot sukses en beide toeskouers asook atlete kon hulself ten volle uitleef. Die aksie op die pawiljoen was natuurlik ‘n hoogtepunt, maar ons atlete het hulself goed van hul taak gekwyt en beslis gewys dat atletiek by Drostdy nie aan die spreekwoordelike agterste speen suig nie.

Die volgende wenners is na afloop van die byeenkoms aangekondig:
Wenners van die atletiek: Seuns Dorp
  Dogters Bergsig
Wenners van die geesbeker: Seuns Stalshuis
  Dogters Dorp
Junior Victrix Ludorum: Christolique McNeil  
Junior Victor Ludorum: Renaldo Roberts  
Senior Victrix Ludorum: Virgell-lee Africa  
Senior Victor Ludorum: Agano Daniels  
ATLETIEK  2021

2021 was verseker ‘n jaar vol uitdagings, maar buiten al die uitdagings het ons atlete gewys dat enige struikelblokke oorkom kan word indien jy aanhou hard werk. Die atlete het aanhou hard werk, ten spyte van die feit dat hulle nie altyd geweet het of daar geleenthede gaan wees waar hulle, hulle talente ten toon kan stel nie. Ons is voorwaar trots op elke atleet wat sover aanhou oefen het en reg deur die jaar hulle alles gee.

Ons is bevoorreg by Drostdy om met talentvolle individue te werk en ‘n vertoonvenster te wees vir die res van die Boland aangaande Atletiek en ander sportsoorte. Ons funksionaliteit en bekwaamheid hang beslis af van die gehalte afrigting en blootstelling wat ons atlete geniet. Dit is verskriklik belangrik dat daar aandag, moeite en tyd aan afrigters bestee word om te verseker dat ons atlete die beste moontlike blootstelling kry.

Afrigters

Atletiek-organiseerder

Suné Oosthuisen – suneoosthuizen@htsdrostdy.co.za

Naellope

Afrigter: CJ van Schalkwyk
cjvanschalkwyk@htsdrostdy.co.za

Afrigter: Alistair Januarie
alistairjanuarie@htsdrostdy.co.za

Middelafstande

Afrigter: JF Hill
 jfhill@htsdrostdy.co.za

Hekkies

Afrigter: CJ van Schalkwyk
cjvanschalkwyk@htsdrostdy.co.za

Afrigter: Alistair Januarie
alistairjanuarie@htsdrostdy.co.za

Verspring en Driesprong

Afrigter: Rudolph Le Roux
rudolphleroux@htsdrostdy.co.za

Afrigter: Cleve Malgas
clevemalgas@htsdrostdy.co.za

Hoogspring

Afrigter: Druidaard de Goede
druidaarddegoede@htsdrostdy.co.za

Afrigter: Gabbi Benette
gabbibenette@htsdrostdy.co.za

Diskus

Afrigter: Ruben de Manielle
rubendemanielle@htsdrostdy.co.za

Afrigter: Peet van der Walt
peetvanderwalt@htsdrostdy.co.za

Afrigter: Bernito Mcpherson

Gewigstoot

Afrigter: Ruben de Manielle
rubendemanielle@htsdrostdy.co.za

Afrigter: Peet van der Walt
peetvanderwalt@htsdrostdy.co.za

Afrigter: Bernito Mcpherson

Spiesgooi

Afrigter: Andries Vellema
andriesvellema@htsdrostdy.co.za

Afrigter: Malisca Venter
maliscaventer@htsdrostdy.co.za

Addisionele Inligting