×
000

Op Saterdag, 15 Januarie het ons Drostdy die nuwe graad 8’s vir 2022 verwelkom deur aft e skop met ‘n lekker kamp. Ons wens elke Onkie baie sterkte toe en kan julle verseker dat julle die regte besluit gemaak het deur Drostdy te kies. Sterkte ook aan al die ouers wat die naweek hul kinders by die koshuis afgelaai het aflaai – hulle is in goeie hande.

Dit was ‘n lekker aksiebelaaide kamp van waterkaskenades tot waatlemoenfees – beide perfek vir Worcester se hitte. Vanjaar se tema is Survivor en die verskillende klasse neem in verskeie aktiwiteite teen mekaar deel.

Baie dankie aan juf. Van der Sandt, haar span en die BK vir al julle moeite met die kamp. Ons kon hoor hulle opgewondenheid loop hoog!