×
000
Sluit aan as lid op AlumNet, verwys ‘n oudskolier en staan ‘n kans om twee aande vir 2 en ‘n wildsrit by African Game Lodge te wen.
Volg die skakel – https://htsdrostdy.alumnet.co.za/Referral, kliek op die “tipe” ikoon, kies die jaargroep en ‘n lys van al die oudskoliere van daardie jaar sal dan daar lê. Al wat jy hoef te doen is om net hulle kontakbesonderhede vir ons by te voeg.
As u nog nie geregistreer het nie, volg asb die skakel: https://htsdrostdy.alumnet.co.za/ en sluit dan as lid aan deur die voltooide debietordervorm vir 2021 van die AlumNet portaal af te laai en aan giselabooysen@htsdrostdy.co.za te stuur. ‘n EFT-betaling vir die jaarlikse fooi kan ook op aanvraag van faktuur gemaak word.
*Bepalings en voorwaardes geld. Om te kwalifiseer, moet ons u bewys van betaling OF voltooide debietordervorm voor 30 Junie 2021 ontvang asook ‘n verwysing van oudskoliere. Twee nagte se verblyf sluit naweke uit.