×
000
Drostdy se atletiekspan het in Oktober 2021 gekwalifiseer om aan die Twizza Nasionale Kampioenskap by die Ruimsig stadion in Krugersdorp te gaan deelneem. Hier het 77 spanne kompeteer om die top atletiek skool in die land te wees. Drostdy het 22ste uit 33 skole geëindig in die gemengde skole afdeling.
Baie geluk aan ons atlete en baie dankie vir die opoffering wat ons afrigters gemaak het om hulle na die byeenkoms te vergesel. Dit was beslis vir elke leerder ‘n onvergeetlike belewenis.