×
000

Elf van Drostdy se atlete het die Boland-span by die Twizza ASA-atletiekbyeenkoms verteenwoordig. Hulle het werklik uitsonderlik presteer. Hulle bring twee goue, een silwer en twee brons medaljes huis toe!

1ste Agano Daniels 4x100m-aflos Mans O.18 (tyd van 42,18 sekondes)
1ste Clayton Longman 4x100m-aflos Mans O.18 (tyd van 42,18 sekondes)
2de Lee-Tin Syfers 1500m Hindernis Seuns O.16 (tyd van 4,30 minute)
3de Agano Daniels 4x400m-aflos Mans O.18 (tyd van 3,27 minute)
3de Clayton Longman 4x400m-aflos Mans O.18 (tyd van 3,27 minute)
4de Agano Daniels 200m finaal Mans O.18 (tyd van 21,99 sekondes)
5de Virgell-Lee Africa 3000m Hindernis Vroue O.20 (tyd van 12,36 minute)
5de Shakira Matthysen 1500m Hindernis Dogters O.16 (tyd van 5, 49 minute)
7de Madri van Zyl 5000m stap Dogters O.16 (tyd van 31 minute en 2 sekondes)
8ste Jueyren November 1500m Hindernis Seuns O.16 (tyd van 4,42 minute)
9de Chenique Sas 3000m Dames O.18 (tyd van 10,24 minute)
14de Inel Neethling Hoogspring finaal Dogters O.16 (hoogte van 1,55m)
20ste Caitlen-Lee Lombaard Diskus finaal Dames O.18 (afstand van 28, 24m)

Die volgende leerders het ook baie goed in hul uitdunne en semi-finale presteer:
6de Agano Daniels 100m semi-finaal Mans O.18 (tyd van 11,09 sekondes)
6de Clayton Longman 200m semi-finaal Mans O.18 (tyd van 22,72 sekondes)
6de Bernedict George 300m Hekkies 2de uitdunne Seuns O.16 (tyd van 41,79 sekondes)

Baie geluk aan al hierdie atlete en hul afrigters met al hulle harde werk deur buitengewone omstandighede. Ons is baie trots op elkeen van julle!