×
000
Op 23 April het verskeie Drostdy-seuns en -dogters aan die SATF-toutrek Prestige kompetisie in die Strand deelgeneem.
Die Prestige kompetisie werk as volg: daar is drie spanne asook klubspanne wat aan die Suid-Afrikaanse proewe deelneem. Die drie spanne is die SATF (SA A-span), Gazelle (SA B-span) en President (SA C-span).
Die volgende leerders het medaljes verower:
Seuns:
GJ Mouton: 1 Goud – SA A, 1 Brons – SA B
Gustav Prins: 1 Brons – Klubspan
Rikus Nel: 1 Brons – SA B, 1 Brons – Klubspan
Pierre Roux: 1 Brons – SA B , 1 Brons – Klubspan
Stephanus van Zyl: 1 Brons – Klubspan
Dogters:
Dominique Shepherd: 1 Goud – SA B
Ananda le Roux: 1 Goud – SA B
Mariné Perold: 1 Goud – SA B
Chanel van der Walt: 1 Goud – SA B
Die finale SATF-span gaan aan die Wêreldkampioenskap in Nederland as die Protea span deelneem. Die Gazelle span gaan aan die Wêreldkampioenskap se ope-afdeling deelneem. Die President span gaan aan die Afrika Kampioenskap teen Namibia deelneem.
Baie geluk en baie sterkte met die voorbereiding.