×
000
Op 2 November is Drostdy se akademiese eerstespan, die top 10-leerders van graad 8 – 11 vir kwartaal 3, beter bekend as die BYD’s (Brilliant Young Donkeys) heerlik bederf met ‘n uitstappie. Hulle het vir die eerste keer bietjie stokkiesgedraai en is saam met juf. Oosthuizen, Grunder en Van Deventer vir die dag Grand West toe om ten pin bowling te speel.
Van Drostdy se kant af sê ons hierdeur vir elkeen van julle baie dankie vir julle harde werk en uitstekende prestasies. Ons hoop dat hierdie lekker blaaskansie julle sommer opnuut sal aanspoor vir die laaste kwartaal van 2021. Weet dat ons julle prestasies raaksien en besonder trots is op julle. Ons het reeds positiewe reaksie oor julle pragtige gedrag ontvang – dankie dat julle Drostdy se naam hoog hou.