×
000
Op Vrydag, 25 Februarie het ons eerste ses seuns en dogters tuis teen HS Framesby gespeel. Dit is die eerste keer wat dié spanne kragte meet en terwyl Drostdy gemaklik gewen het, is die westryde in ‘n heerlike gees gespeel.
Ons hoop om dit ‘n jaarlikse tradisie te maak. Dankie aan Framesby wat so ver gery het om die dag moontlik te maak.
Baie geluk aan ons tennisspelers, ons is baie trots op julle. Dit was ‘n lekker manier om die seisoen af te sluit.