×
000
Pierce Kotzé het die naweek van 29 Maart – 2 April in George aan die jaarlikse nasionale swemkampioenskap deelgeneem. Hierdie is die hoogste vlak vir swemprestasie in Suid-Afrika.
Hy het in die o.18-ouderdomsgroep deelgeneem alhoewel hy hierdie jaar eers 17 raak. Hy het die volgende briljante uislae behaal:
3de – 100 m Borsslag
3de – 200 m Borsslag
6de – 200 m Individuele Wisselslag
10de – 50 m Borsslag
10de – 200 m Vryslag
11de – 400 m Vryslag
11de – 100 m Rugslag
13de – 50 m Vryslag
14de – 50 m Vlinderslag
Ons is besonder trots op hom, veral met die twee brons medaljes. Baie geluk!