×
000
Tussen 6 en 9 Oktober het ons stoeiers as lede van die Worcester Stoeiklub die Kaapse Wynland in Pretoria verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap.
Zander Cronjé het ongelooflik presteer en het vier goue medaljes verower. Hy is na afloop van die kampioenskap in die SA Internasionale Kadet-span opgeneem.
Hier is die volledige uitslae:
Zander Cronjé
• Goud – 55 kg Kadet – Vrystyl
• Goud – 55 kg Kadet – Grieks Romeins
• Goud – 54 kg President – Junior Grieks Romeins
• Goud – 54 kg President – Junior Vrystyl
Karla du Toit
• Silwer – 46 kg President – Junior Dames
• 4de – o.15 Vrystyl Dames
Phillip Snyman
• Brons 80 kg Kadet – Vrystyl
• Brons 80 kg Kadet – Grieks Romeins
• 4de – 85 kg President – Junior Vrystyl
Corné Telleman
• Goud – 71 kg Kadet – Vrystyl
• Goud – 71 kg Kadet – Grieks Romeins
• Goud – 76 kg President – Junior Vrystyl
• Silwer – 76 kg President – Junior Grieks Romeins
Hierdie kampioenskap het ook gedien as proewe vir die opkomende Statebond Kampioenskap waar twee stoeiers, oudskoliere Jason Beukes en Francoies du Toit, gekwalifiseer het om in hierdie span opgeneem te word.
Baie geluk aan al ons stoeiers – julle maak ons trots!