×
000
Agt van Drostdy se leerders het op 1 en 2 Oktober aan die SA-Skyfskietkompetisie deelgeneem. Dit is self reeds ‘n groot prestasie aangesien dit die meeste Drostdy-skuts is wat nog aan SA’s gaan deelneem het.
Uitsonderlike prestasies:
O.21 PPP-span (Pistool) – Brons medalje
Roan en Xander Hough is albei in die o.21 WP-eerstespan vir pistole opgeneem. As ‘n span het hulle ‘n derde plek in die land behaal.
O.21 PPP (Pistool) – Individueel
Roan Hough behaal ‘n 10de plek. Hy het ook gekwalifiseer vir sy SANSSU-kleure – Brons.
Xander Hough – 18de
Francois van Tonder – 20ste
O.16 Sporter (Geweer) – Individueel
Jaco Nel –18de plek in die land. Dit is ‘n besondere prestasie aangesien het vir die eerste keer die jaar aan kompetisies kon deelneem.
HTS Drostdy is na afloop van die kompetisie aangewys as die beste skietklub in die Wes-Kaap en lê tans 8ste in die land. Ons is baie trots op elkeen van ons skuts en hul afrigters.