×
000
Ons toutrekkers het op die eerste dag van die SA-kampioenskap besonder goed presteer met drie silwer medaljes en een nuwe SA-kampioenspan!
520 kg-gemeng – SILWER
400 kg-seuns – SILWER
600 kg-seuns – SILWER
520 kg-dogters – GOUD
Baie geluk aan die 520 kg-dogters wat die nuwe SA-kampioene in hul gewigsafdeling is.
Op die finale dag van die SA-kampioenskap het hulle weereens ‘n hele paar medaljes huis toe gebring.
440 kg-seuns – GOUD 🥇
560 kg-seuns – BRONS 🥉
480 kg-dogters – GOUD 🥇
Met hulle goue medalje is die 480 kg-dogterspan aangewys as die nasionale span wat in September aan die Wêreldkampioenskap in Nederland gaan deelneem.
Ons is werklik baie trots op elke toutrekker en afrigters met hul fantastiese uitslae.