×
000
Lana Jamneck en Kiara Louw het onlangs deelgeneem aan die WP-driegang Ruiterkunsproewe, waarna hulle albei in die WP-span opgeneem is.
Hulle gaan in Januarie 2022 deelneem aan die Protea-proewe waar hulle die kans staan om te kwalifiseer om Suid-Afrika by die wêreldbeker te gaan verteenwoordig.
Lana Jamneck is ook aangewys as reserwe kampioen in die Plesierperd-afdeling in die Wes-Kaap.
Baie geluk aan hierdie meisies en baie sterkte met jul voorbereiding.