×
000

Saterdag, 23 April in ‘n Boland-bepaling het ons B- en C-spanne teen Langeberg Sekondêre Skool se A-spanne gespeel. Vir baie van die seuns was dit hul eerste wedstryd van die jaar, vir ‘n hele paar o.16’s die eerste wedstryd van hul hoërskoolloopbaan.

Worcester het sy mooiste dag uitgehaal en die seuns het die wedstryde baie geniet. Weens onttrekkings van Langeberg op die nippertjie is daar besluit om ons o.15 B’s teen ons eie o.16 C’s te laat speel.

Drostdy wen ses uit die ses wedstryde. Volledige uitslae is op ons Twitter-blad beskikbaar: @HTS_Drostdy