×
000

Ons 1ste XV het die Monument Eeufees-toernooi wat vanaf 23 – 26 April plaasgevind het, op ‘n heerlike hoogtepunt afgesluit deur met 34 punte teenoor 20 met HS Ben Vorster af te reken.

Hulle het Saterdag teen HS Monument gespeel en in ‘n naelbytstryd met 26 – 28 verloor.

Ons is baie trots op julle, dis ‘n fantastiese begin vir die nuwe seisoen.
Baie geluk aan die span en afrigters!

Al die wedstryd kan gekyk word by digitv.co.za.