×
000
Ons atlete het die naweek deelgeneem aan die Puma School of Speed en werklik uitstekend presteer. Die kommentator het na Drostdy verwys as ‘n “powerhouse in athletics in the Western Cape” na aanleiding van ons seisoen tot dusver en ons leerders het op die dag nie teleurgestel nie. Hier is die uitslae:
Jo-eke Haas
• 3de dogters o.17 – 100m – 13.11 sek
• 2de dogters o.17 – 200m – 22.50 sek
Agano Daniels
• 2de seuns o.17 – 200m – 21.78 sek
• 1ste seuns o.17 – 400m – 52.10 sek
Bernedict George
• 3de seuns o.15 – 400m – 52.26 sek
Jueyren November
• 1ste seuns o.15 – 800m – 2.03.65
Lee-Tin Syfers
• 1ste seuns o.15 – 1500m – 4.12.99
Chenique Sas
• 2de dogters o.17 – 1500m – 4.51.67
Virgell-Lee Africa
• 1ste dogters o.19 – 1500m – 5.12.78
André Conradie
• 3de seuns o.15 – 100m-hekkies – 14.56 sek
Baie geluk aan ons atlete en hul afrigters. Ons is baie opgewonde oor die res van die atletiekseisoen.