×
000
Die Toyota Cheetahs speel Saterdag, 29 Mei om 16:00 teen ‘n Toyota Uitnodigingspan.
Twee van die skool se voormalige leerlinge, Renier Viljoen en Cohen Jasper sal vir die Toyota Uitnodigingspan in die skool se kouse speel.
Met hierdie unieke geleentheid wil Vrystaat Rugby graag eer bring aan die massiewe rol wat skole en skoleafrigters in die rugbyloopbane van professionele spelers speel.
Die wedstryd word Saterdag om 16:00 op SuperSport uitgesaai.