×
000

Met die temperature wat soos winter begin voel, vier ons die nuwe seisoen met Winterweek.

DAG 1 – PANTOFFELS / FUNKY SKOENE
Hoe lekker is dit nie om met pantoffels skool toe te kom nie (al laat dit mens bietjie ekstra na jou bed verlang).
DAG 2 – MUSSE EN SERPE
Lekker toegetrekte weer het mooi saamgespeel om die musse en serpe beslis die moeite werd te maak. Almal was lekker snoesig.

DAG 3 – BRING-A-BLANKET

Almal kon vir hulself ‘n kombers bring, maar ook een wat aan ‘n liefdadigheidsorganisasie geskenk gaan word. Sodoende kon ons ook die Drostdy-warmte met die gemeenskap deel.

DAG 4 – CIVVIE-DAG

Winterweek was afgesluit met ‘n Civvie-dag tbv Cansa. Elke graad het ‘n tema gehad waarvolgens hulle moes aantrek.
Dankie aan elkeen wat vandag nie net geesvang nie, maar ook ‘n verskil maak deur die bydraes wat ingesamel is.