×
000

Dis is vir ons baie lekker om met julle Drostdy se uitslae in die Netwerk24 Skolenuuskompetisie te deel. Dié kompetisie vind jaarliks plaas (met die uitsondering van 2020) en skole vanoor die land skryf in verskeie kategorieë in. Die finaliste en wenners is Donderdagaand op ‘n virtuele prysuitdeling aangekondig.

Drostdy word aangewys as ‘n finalis in die kategorieë vir die beste digitale skoolkoerant en die beste gebruik van ‘n video met die graad 8-sinkronisasie in Maart en die Jerusalema in 2020. Ons word ook aangewys as die wenner van die beste Instagram-blad – ‘n prys wat ons ook in 2019 gewen het. Ons is baie trots op hierdie prestasies en wil graag dankie sê vir almal wat ons sosiale media op so ‘n positiewe manier ondersteun.