×
000

Op 20 Februarie 2021 het Shanidine en Shelene Bezuidenhout en M’Cailen Lombaard in die Paarl deelgeneem aan die “Talent Identification Camp” wat deur die Kaapstad Netbal Federasie aangebied is.

Hierdie proewe skep geleenthede vir spelers om in die oefengroepe van die Southern Stings en die Tornados – wat aan die Telkom Netbal Liga deelneem – ingesluit te word..

Baie geluk aan Shanidine en M’Cailen wat deurgedring het na die die volgende rondte proewe wat op 6 Maart 2021 sal plaasvind. Ons wens hulle alle sterkte toe.