×
000

Drie van ons eerstespan netbalspelers het op 8 April tydens hul wedstyd teen Paarl Gimnasium by die HMS Paarl Netbaltoernooi ‘n besondere prestasie behaal. Afton Pieterse, Danél Viljoen en Jana Taylor het al drie hul 50ste wedstryd vir die eerstespan gespeel.

Baie geluk, julle is staatmakers! Die span het weereens ‘n naelbytwedstryd teen Paarl Gim gespeel en ongelukkig op die ou-end 16 – 18 verloor. Hul ander tellings is beskikbaar op ons Twitter-blad: @HTS_Drostdy.