×
000
Vir Drostdy se matrieks is Marshall’s Plein hul heiligdom – amper soos hul grondgebied, hul plekkie in die son (of skaduwee). Maandag het die matrieks van 2021 vir die eerste keer dié plein betree en wie beter om dit vir hulle te open as die man na wie dit vernoem is – mnr. Marshall self!
Baie dankie dat Meneer en tannie Walda kans gesien het om al die pad van Stilbaai af te ry om vir ons die lint te kom knip. Dit is altyd ‘n voorreg as Meneer kom kuier. Meneer Marshall was vir meer as 40 jaar verbonde aan Drostdy. Ons hoop dat dié gebaar vir die klas van 2021 ‘n baie spesiale herinnering sal bly.