×
000
Hoewel ons uitsonderlik trots is op al ons matrieks van 2020, wil ons graag die top 6-kandidate wat almal ‘n gemiddeld bo 90% behaal het, bietjie in die kollig plaas. Julle kan ook in Die Burger van 12 Maart in die Spogbylae meer oor hulle lees.
Mia Ramsauer is 2020 se duxleerder met ‘n gemiddeld van 92%. Wat beslis bygedra het tot hierdie prestasie is die feit dat sy 100% vir Toerisme behaal het!
Baie geluk aan hierdie ses leerders – ons glo die vrugte van julle harde werk is besonder soet.