×
000
Dis vir ons baie lekker om vandag die top 10-leerders van elke graad aan julle bekend te maak. Hulle het almal die afgelope week erkenning gekry vir hierdie besondere prestasies. Die toppresteerder in die skool is die kwartaal niemand anders as ons hoofseun, Gerhard Burger (graad 12) nie. Met sy absoluut uitstekende gemiddeld van 98,29 % wens ons hom alle voorspoed toe vir die res van die jaar. Baie geluk ook aan elkeen wat deel vorm van die Brilliant Young Donkeys met ‘n gemiddeld van 80 % en hoër – hierdie kwartaal is daar 185 van hulle!
Baie dankie vir almal se harde werk. Ons is trots op julle!