×
000

As Drostdy iets doen, dan doen ons dit voluit. Ons nooi almal uit om 2021 se Kultuurdinee by te woon. Dit sluit optredes deur die crème de la crème van Drostdy se kultuur in, alles terwyl jy ‘n heerlike driegangmaaltyd geniet.

Op Donderdag, 3 Junie, kan die graad 10 – 12-leerders dit bywoon. Die graad 8’s, 9’s en publiek kan dit op Vrydag, 4 Junie bywoon. Kaartjies is teen R130 per persoon by die finansiële kantoor beskikbaar. Daar is slegs 250 kaartjies per aand beskikbaar as gevolg van Covid-19-regulasies, so julle sal moet vinnig spring.