×
000

Die o.15 B-span het op 3 Februarie teen Hoërskool Montagu se o.15 A-span gespeel. Drostdy verloor die loot en word ingestuur om te kolf. Bydrae deur Ben Vorster (21), Adriaan Krynauw (18) en Richard Pendle (16) beteken dat ons ‘n totaal van 103 lopies aanteken.

In antwoord teken Montagu die wenlopies in die 15de beurt aan. Goeie boulwerk deur Adriaan Krynauw en Cyran Krotz kon ongelukkig nie keer dat ons die wedstryd met 6 paaltjies te verloor nie.

Ons is baie trots op hierdie jong span en sien ons uit na die res van die seisoen se wedstryde.

Die o.19 B-span het tuis teen Hoërskool Montagu se o.19 A-span gespeel. Drostdy teken in 20 boulbeurte 94/9 aan. Montagu steek egter in die 13de boulbeurt die telling verby en Drostdy verloor die wedstryd met twee paaltjies.

Ons sien uit na die twee spanne se wedstryde volgende week teen Charlie Hofmeyr.